
The Eco Ventures 201km and 301km Karoo Hikes take place and Kruisrivier Guest Farm is host to all three visits.
Leesstof en Artikels
Suid-Kaapse jagters vergeet hul gewere
Suidkaap Jagters - Tuesday, March 26, 2013
![]() |
ossewa wat deel is van die versiering in die ander deel van die gebou, of om in die ou meule te bly neem jou 100 jaar die verlede in of die kampeerterrein met sy waterstroom en watervalle bring jou terug na die hede.
|
Hoe gebeur dit dat n jagter sy geweer,wat hy meestal meer bewonder as sy vrou,kan vergeet? Dit gebeur so: Jy woon een van die jaarlikse gesinsnaweke wat gewoonlik verband hou met die bewaringsdeel van die Suid-Kaap Jagters- en Bewaringsvereniging by en leef jou in in die tema van die naweek. Met erfenisdag in gedagte, het Len Nel, portefeuljebestuurder vir bewaring en sy span, 'n naweek gereel op die geskiedkundige plaas Kruisrivier, geleë tussen Calitzdorp en Oudtshoorn in die omgewing van die Swartbergpas,.'n Geoloog as toerleier, het ons begelei en verryk met kennis oor die ontstaan van berge en gesteentes, die verskille in ouderdom van dit wat jy nog altyd as klippe of rotse geken het. Op Kruisrivier beleef jy die verlede wanneer jy tuisgaan in die ou stal met die krip as deel van 'n slaapbank, of 'n ![]() |
Saterdagoggend, na afloop van ‘n inligtingsessie, vertrek 18 gesinne onder leiding van geoloog, Dr Gerhard du Plessis, op 'n safari wat oor die Swartberg pas via Meiringspoort, De Rust, Oude Muragie en terug na Kruisrivier strek. Die voorkoms van die rooigruis koppe skalietipes,Tafelbergsandsteen, Sederberg- en Bokkeveld gesteentes,die plooie of opwellings in die Swartbergpas en Meirinspoort, die ouderdom van en redes vir verskeie verskuiwings van rotsplate wat verskeie vorme aanneem, hou die jagters se gedagtes weg van gewere en jag. Met een van die laaste stilhou geleenthede, waar 'n dolomiet rots aan ons uitgewys word, (terloops die eerste bron van suurstof) loop 'n duikerspoor en ek het opgelet dat nie een jagter die spoor opgemerk het nie. Hierdie keer was geologie die wenner Terug by die kamp het vure gebrand en verskillende groepe se gesprekke het ek probeer opvang. Geen gesprekke oor jag en gewere het ek gehoor nie, maar wel gesprekke oor die wonder van die Skepping en kon ek duidelik sien dat die jagters manne is met groot respek vir die Skepper en dat naweke soos hierdie, bewys dat die manne hul gesinne en die natuur meer liefhet as hul gewere. Ons dank aan Basie en Mandie Strydom, eienaars van die Kruisrivier gasteplaas vir hul gasvryheid en vir die voorreg om te kon tuisgaan op hierdie pragtige plaas met sy uitstekende fasiliteite. |